Drusilla oor Filtervlinder (Junie 2022):


Filtervlinder - Hierdie boek het my so vasgevang dat ek hom net nie kon neersit nie. Het saam gehuil en ook gelag. n Lewensles om te vergewe. Ek gaan definitiefvir my n volgende boek aanskaf.




Marietjie Vorster oor Klonte Sout:


Ek het nou soos ‘n os en drie beeste geslaap...... Klonte Sout is goed saamgestel...kan indentifiseer met karakters en BOEIEND.....dit is hoekom dit deur die nag was.




Lizelle Kruger oor Klonte Sout:


Wanneer jy spesiale tjoklits gekry het, jy bêre dit diep agter in jou kas en jy haal nou en dan een uit. Jy suig hom stadig dat hy nie opraak nie. So is ek oor jou boeke. Ek mag elke dag net 'n klein stukkie lees dat ek nie te vinnig by die einde kom nie. Ek wens jy het al so baie boeke dat ek elke maand ‘n nuwe boek van jou lees. Hierdie een is kwaliteit.




Marietjie Peach oor Klonte Sout:


Vir die eerste keer in my lewe het ek ‘n boek in ‘n rekordtyd gelees. Ek kon Konte Sout eenvoudig nie neersit nie. Vanaf bladsy  een het die afwagting my vasgegryp. Hierdie is by verre jou beste een Elsabé Welman, boeiend, interessant en spannend.




Mariette Botha:


BAIE GELUK met #VLUG & TERUG.

Die spanningslyn hou mens se aandag die hele tyd gevange

Die vars, hedendaagse spreektaal (caps lock) tussen die jong mense in die verhaal is BAIE OULIK

JY KAN BAIE TROTS voel.




Annalize Hills (Onafhanklike resensent):


“Hierdie boek het my van bladsy een af geboei. Dit is ? liefdesverhaal met heerlike spanningsvolle oomblikke tussenin. Ek het lekker gelees en sal die boek aanbeveel, vir oud en jonk. ? Baie oulike boek.” 




Audrey Flynn on Goodreads:


There is a great atmosphere in this novel and the narrative is wonderfully paced. The suspense and drama don't let up for a paragraph! The story grips the reader from the outset and I found myself completely engrossed. The writer is not afraid to subvert tropes and avoids the obvious as the storyline takes unexpected twists and turns. The characters are well-drawn and hugely sympathetic.

Your book really took me into the story, and I find that I keep thinking about it.




Leandra (medeskrywer) oor #vlugenterug:


Ek het jou boek gelees as een van die beoordelaars vir die Imbali-wedstryd en ek dreig al lank om jou te kontak. Ek was mal oor jou boek. Dit was uniek en iets wat my altyd sal bybly. Jou karakters was so werklik en realisties en ek wou huil oor jou hoofkarakter. Ek sien jy het onlangs nog 'n boek uitgegee en ek wil vir seker dit lees. Jy het 'n rare talent en jou skryfstem is só absoluut jou eie. 




Maretha Maartens:


Maretha Maartens oor   #vlugenterug:

Die leser wonder deurgaans wat volgende gaan gebeur.

Wat gebeur met mense wie se beurt dit is?  Gaan  Munnik en Amina se passie hulle oorweldig? Hoe gaan Amina ná die neerstort van die vliegtuig oorleef?  Gaan sy lief word vir Zoop?

Jy het ‘n uitsonderlike gawe om spanning te skep en in stand te hou, Elsabé. 







:

Jou naam:

Jou e-posadres:





Terug Terug na bo