{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

 

Klonte Sout het die lig gesien, gereed vir jou Kersaankope of jou eie leesbederf gedurende die Kersseisoen.

 R230 vir sagteband, koerier uitgesluit

 R130 vir e-boek

 Boekhandelaars: Doen navraag by die skrywer vir spesiale afslag.

 Sagteband beskikbaar by Elsabé (kliek HIER) of

 Sagteband en e-boek beskikbaar by NS Skrywershuis

 Beskikbaarheid op Amazon volg later.

 VRYSTELLINGS-PROMOSIE: Uit pure opgewondenheid bied ek die sagteband teen 'n afslagprys aan vir R200 (koerier R60 uitgesluit) tot en met 14 November. Gryp die geleentheid en bestel vinnig om teleurstelling te voorkom. 

 ’n Siektetoestand laat Arno en Orna kinderloos. Sy argeloosheid daaroor verwoes hulle huwelik. Ewald se vrou beswyk aan komplikasies na ’n motorongeluk en laat haar man Ewald en hul baba agter. Wedersydse ondersteuning tussen Orna en Ewald laat die vonke spat. Ewald se niemand-sal-weet-nie word almal-gaan-weet toe Orna aangekla word van moord. Die spanning is ondraaglik en veroorsaak wantroue teen mekaar, veral met verdoemende bewyse op hande. Verskuilde geheime word ontbloot en nie een van die partye weet of hulle die klonte sout kan verteer nie. 

Onafhanklike resensent van Afrikaanse boeke, Annalize Hills, aan die woord:

BOEKVERSLAG
TITEL: Klonte Sout
SKRYWER: Elsabé Welman
FORMAAT: Sagteband/ePub
WAARBORG: PGM Boek
Aanlynverkope: http://nskrywershuis.co.za//jou boekwinkel- jou uitgewer

Wie sal kon raai dat 'n roman soveel spanning kan hê? Dit is wat Elsabé Welman vermag in hierdie spanningsroman - Klonte Sout.

Arno en Orna is kinderloos weens 'n siektetoestand, wat hy verseg om te laat behandel. Dit verwoes hulle huwelik en Orna besluit om weer te gaan werk.

Ewald se vrou sterf aan komplikasies na 'n motorongeluk en laat hom met 'n baba agter. Hy ontmoet Orna wat pas by die maatskappy begin werk het, en daar ontstaan 'n verhouding van wedersydse ondersteuning tussen hulle. Wanneer Orna aangekla word van moord verander alles - dit veroorsaak wantroue teenoor mekaar. Die spanning loop hoog en daar is verdoemende bewyse teen hulle. Orna dra verskuilde geheime en dit veroorsaak op sigself baie skade aan hulle saamwees. Gaan Ewald en Orna hierdie wavrag klonte sout saam kan verteer of gaan hulle elkeen sy eie paadjie loop?

Klonte Sout is 'n besonderse verhaal van lief en leed tussen twee mense - dit beloof heelwat intriges en kinkels in die kabels. Opvallend is hoe Elsabé daarin slaag om die spanningslyn met goeie sinspeling te skep. Die leser se simpatie lê deurgaans by Orna, maar word dan verplaas na Ewald wat self moeilike besluite moet neem. Die verhaal is boeiend met 'n sterk verteltrant en die karakterskepping is geloofwaardig en interessant. Die taalgebruik is keurig, beeldryk en die skrywer skryf met deernis en empatie. Die ontknoping word tong in die kies ontplooi en sal die leser vervuld laat.

Dit is 'n goeie spanningsroman met 'n byt en is beslis die moeite werd om te lees.

Terug Terug na bo